# Die president van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering, Bheke Stofile, sê koalisie-onderhandelinge moet gemeenskappe en dienslewering bo politieke poste en belange stel. Hy sê die grondwetlike sperdatum van 14 dae vir die instelling van munisipale rade plaas druk op partye om ooreenkomste te bereik. Stofile het ‘n beroep gedoen op partye wat met onderhandelinge sukkel om hulp te soek by provinsiale departemente van samewerkende regering. Hy sê suksesvolle koalisies moet fokus op bestendige plaaslike regering en die behoeftes van inwoners in plaas van politieke ontplooiings:
SALGA vra partye om dienslewering tydens koalisiegesprekke te prioritiseer [KLANK]
ENG- StofileOnCoalitions