Skip to content

Krieket: Warner beskuldig Krieket Australië dat hy Sandpapergate toesmeer

# Krieket: Die voormalige Australiese aanvangskolwer, David Warner, beskuldig Krieket Australië van ʼn onvolledige ondersoek na die 2018-balpeuterskandaal in Kaapstad. Warner sê daar is nie onderhoude gevoer met boulers Josh Hazlewood, Mitchell Starc en Nathan Lyon voor hulle kwytgeskeld is oor die gebruik van skuurpapier op die bal nie. Die skandaal het gelei tot die jaar lange skorsing van Warner en die destydse kaptein, Steve Smith, terwyl Cameron Bancroft vir nege maande geskors is. Die omstredenheid het weer opgevlam nadat ʼn voormalige spanmaat, Usman Khawaja, is sy outobiografie beweer die hele span het geweet.