# Rugby: Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê daar is geen verskoning vir sy span se 21-19-nederlaag teen Frankryk in Parys nie. Erasmus sê die Bokke het versuim om geleenthede te gebruik, te veel hanteringsfoute gemaak en toegelaat dat die gashere hulle van hul wedstrydplan laat afwyk. Hy aanvaar ook verantwoordelikheid vir die uitslag en sê die afrigtingspan moes oplossings vind. Die nederlaag beëindig Suid-Afrika se onoorwonne lopie in die Nasiekampioenskap en laat ernstige twyfel ontstaan oor hul kanse om die eindronde te haal.
Rugby: Rassie sê Springbokke kan net hulleself blameer