# Vlugte in Amerika hervat geleidelik ná ʼn kommunikasie-probleem owerhede Vrydag gedwing het om landwyd alle vlugte te kanselleer. Die Federale Lugvaartadministrasie het die verbod na vier ure opgehef. Meer as vier-duisend-700 vlugte is gekanselleer en sowat tien-duisend is volgens vlug-data vertraag. Die minister van Vervoer, Sean Duffy, sê die onmiddellike probleem is opgelos, maar waarsku dit sal tyd neem voor lugrederye se skedules weer normaal verloop. Amptenare sê daar is geen teken dat die onderbreking deur ʼn kuberaanval veroorsaak is nie.
Amerikaanse vlugte hervat na landwye verbod op lugverkeer