Skip to content

SAKP verwelkom DA se moontlike uitsluiting van koalisie-onderhandelings

# Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party verwelkom die ANC se besluit om die DA dalk uit te sluit van koalisie-vennootskappe in onbesliste munisipaliteite. Meer as 130 rade het geen volstrekte meerderheid na die afgelope plaaslikeregeringsverkiesing nie. Die SAKP se waarnemende nasionale woordvoerder, Mhlekwa Nxumalo, sê die party is gekant teen samewerking met die DA as gevolg van ideologiese en klasse-verskille. Intussen vra die Raad van die Linkses, wat die SAKP, EFF, MK-party en Africa Mayibuye-beweging insluit, dat linkse partye verenig terwyl koalisie-onderhandelinge in die land voortgaan.