Skip to content

EFF het hoogste verteenwoordiging van verkose vroue in munisipale rade onder groter partye [KLANK] 

# Die EFF het onder die groot politieke partye die hoogste verteenwoordiging van vroue wat tot munisipale rade verkies is. Volgens die Verkiesingskommissie maak vroue 46,2-persent van die party se raadslede uit. Die Patriotic Alliance volg met 43-persent, terwyl die DA 38,6-persent het. Die IFP het die laagste verteenwoordiging onder die groter partye aangeteken, naamlik 18,7-persent. Die voorsitter van die Verkiesingskommissie, Mosotho Moepya, sê vroue maak in die geheel 33,6-persent van alle verkose raadslede uit ná die plaaslikeregeringsverkiesing:

ENG MoepyaOnRepresentation