# Rugby: Japan se afrigter, Eddie Jones, sê sy jong span sal alles uithaal wanneer hulle môre op Twickenham teen Engeland te staan kom. Japan het al ses vorige toetse teen Engeland verloor, maar Jones hulle kan vir ‘n verrassing sorg na die beroemde oorwinning oor die Springbokke tydens 2015 se Wêreldbekertoernooi. Die voormalige Engelse afrigter keer terug na Twickenham vir die eerste keer sedert hy die pos in 2022 verlaat het. Engeland se afrigter, Steve Borthwick, het tien veranderings aangebring aan die span wat Australië verlede naweek 45-22 geklop het.
Rugby: Jones steun Japan om Engeland te laat swoeg op Twickenham