# Nog ses vroue beskuldig die Britse akteur, komediant en mediapersoonlikheid Russell Brand van seksuele misdrywe of seksuele wangedrag. Die 51-jarige is tot tien jaar en ses maande tronkstraf gevonnis vir verkragting en drie voorvalle van seksuele aanranding. ‘n Ondersoek deur Times het bevind ‘n vrou beskuldig Brand daarvan dat hy sonder haar toestemming seksueel met haar verkeer en daarna verskoning gevra het. Die koerant sê die nuwe bewerings kon eers ná sy verhoor aangemeld word om nie die verrigtinge te benadeel nie.
Nog ses vroue beskuldig Russell Brand van seksuele wangedrag