Skip to content

Wes-Kaapse LUR bevraagteken R147-miljoen vir SASSA-poste wat nie bestee is nie [KLANK]

# Die Wes-Kaapse LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling, Wendy Kaizer-Philander, is bekommerd oor 147,2-miljoen-rand wat aan die maatskaplike sekerheidagentskap SASSA toegeken is om 228 vakante poste te vul, maar nie gebruik is nie. Nasionale minister Dina Pule het in die Parlement onthul daar is 84 vakante poste in SASSA se streeks- en hoofkantore en 144 in plaaslike en distrikskantore. Kaizer-Philander sê inwoners wag intussen in lang rye en vertragings kom voor om maatskaplike toelaes te kry:

AFR PhilanderONVacancies