# Die polisie in KwaZulu-Natal het ‘n soektog van stapel gestuur nadat ‘n stasiebevelvoerder doodgeskiet en ‘n polisiebeampte gewond is tydens ‘n skietgeveg met vermeende rowers. Die geregsdienaars het reageer op ‘n sakerooftog in Greytown waarin ‘n winkeleienaar gewond en werknemers aangerand is. Polisiewoordvoerder Robert Netshiunda sê minstens tien aanvallers het in ‘n Toyota Quantum op die vlug geslaan. Hy sê die polisie en privaat veiligheidsbeamptes het die voertuig agternagesit en op die R33 voorgekeer:
Polisie in KZN begin met soektog na verdagtes nadat stasiebevelvoerder doodgeskiet is [KLANK]
ENG NetshiundaONShootout