# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sê die Wysigingswetsontwerp op Munisipale Strukture is nog nie beskikbaar om die wetgewende raamwerk vir koalisie-reëlings in plaaslike regering te verskaf nie. Die Parlement sou die wetgewing, alom bekend as die Wetsontwerp op Munisipale Koalisies, voor die verkiesing aanvaar om by te dra tot orde, beter bestuur en bestendiger koalisies. Dis egter steeds in die Parlement. Hlabisa sê die goedgekeurde riglyne sal ʼn tussentydse raamwerk bied om politieke partye en munisipaliteite by te staan in onderhandelings oor koalisie-ooreenkomste.
Minister Hlabisa sê die Wetsontwerp op Munisipale Koalisies is nog nie beskikbaar om met koalisiereëlings te help nie