Skip to content

Staat beskuldig Phahlane dat hy twee programmatuurkontrakte goedgekeur het deur normale verkrygingprosedures te omseil

# Die staat beskuldig die gewese waarnemende nasionale polisiekommissaris, Khomotso Phahlane, dat hy afwykings vir twee programmatuur-kontrakte ter waarde van sowat 54-miljoen-rand sonder die wetlike vereistes goedgekeur het. Die eerste kontrak hou verband met die vermeende onregmatige aankoop van sagteware RIPJAR, wat in Oktober 2015 tydens die #FeesMustFall-betogings gebruik sou word. Die tweede is die aankoop van kommunikasie-enkodering programmatuur, Daedalus. Die staat voer aan die wyse waarop die aankoop-proses hanteer is, het gekeer dat die SAPD ander diensverskaffers kon nader wat die produkte moontlik teen laer pryse kon voorsien.