Skip to content

VN vra groter belegging in Palestynse indiensnemingsgeleide herstel

# Die Verenigde Nasies se Internasionale Arbeidsorganisasie vra internasionale vennote om finansiële ondersteuning te verhoog vir ʼn werk-geleide herstelplan in die Palestynse gebied. Die oorlog en ekonomiese ontwrigting het broodwinning verwoes en werksgeleenthede vernietig. In Gaza het 252-duisend werksgeleenthede in die derde kwartaal van 2023 en 2025 verlore gegaan en werkloosheid het 85,1-persent bereik. Die ILO en Palestynse drieledige vennote is besig om ʼn program op te stel vir ordentlike werk en ʼn herstelprogram vir 2026-tot-2029, wat voorkeur gee aan indiensneming, herstel van sakeondernemings en arbeidsmarkbestuur. Dit fokus op vroue, die jeug en persone met gestremdhede.