Skip to content

ANC volg ’individuele benadering oor onderhandelinge met munisipaliteite oor koalisiegesprekke

# Die ANC sê hy sal nie ’n eenvormige benadering volg in koalisie-onderhandelinge ná verlede week se plaaslikeregeringsverkiesing nie. Die woordvoerder van die party, Mahlengi Bhengu, sê elke munisipaliteit sal individueel beoordeel word, met inagneming van sy politieke dinamika, die partye wat verteenwoordig word, en die behoeftes van inwoners. Die ANC se nasionale uitvoerende komitee het Donderdag in Boksburg vergader om ’n mandaat vir sy onderhandelingspan te finaliseer. Daar is in meer as 130 munisipale rade geen algehele wenner nie, wat koalisie-ooreenkomste noodsaaklik maak om plaaslike regerings te vorm.