Skip to content

Rugby: Franse loof Rassie se Bokke voor toets in Parys

# Rugby: Die Franse afrigter, Fabien Galthie, het die Springbokke as een van die beste rugbyspanne ter wêreld geloof, voor vanaand se Nasieskampioenskap-toetswedstryd in Parys. Galthie sê die viermalige wêreldkampioene is klinies in elke aspek van die spel, wat teenstanders baie min ruimte of tyd laat om aan te val. Hy sê Suid-Afrika se fisieke benadering beïnvloed ook die taktiese en tegniese aspekte van ‘n wedstryd. Die Bokke kom op die Stade de France teen Frankryk te staan ​​met die afskop vanaand om tien-oor-tien Suid-Afrikaanse tyd.