# Die Amerikaanse gesante Steve Witkoff en Jared Kushner is in Moskou vir samesprekings met die Russiese president, Vladimir Putin, in ‘n poging om die oorlog in Oekraïne te beëindig. Dit volg na die Amerikaanse bemiddelde samesprekings gister ná twee dae geëindig het met ‘n ooreenkoms oor uitruil van gevangenes, maar sonder enige deurbraak om die oorlog te stop. Grondgebied bly die grootste struikelblok. Oekraïne het Putin se eis verwerp om die oostelike Donbas-streek oor te gee. Die gesante vergader dalk ná hul samesprekings in Moskou met Oekraïne se president, Volodimir Zelenski, in Dublin, Ierland.
Amerikaanse gesante in Moskou vir nuwe vredespoging in Oekraïne