# Die Demokraat Scott Colom het die Senaats-wedloop in Mississippi gewen na ‘n uitgerekte stemtellery. Die 43-jarige word die eerste Demokratiese senator in die staat sedert 1982. Colom het 49,2-persent steun gekry, die Republikein Cindy Hyde-Smith 48,7-persent en ‘n onafhanklike 2,1-persent. Dit beteken die Demokrate beheer nou 55 van die 100 setels in die Senaat, terwyl Alaska se uitslag nog uitstaande is. Colom, ‘n plaaslike distriksprokureur, het beloof om te werk vir almal in Mississippi en nie net vir diegene wat vir hom gestem het nie.
Demokraat Scott Colom maak geskiedenis deur Senaat-setel te wen in Mississippi