# Rugby: ‘n Gewese Franse stut wat deesdae in die Vrystaat boer, sê hulle is diep seergemaak oor die kwarteind-nederlaag teen die Springbokke in hulle tuis-Wêreldbekertoernooi in 2023. Daniël Kotzé het in 2021 uitgetree nadat hy langer as ‘n dekade in die Europese land gespeel het. Hy sê Frankryk gaan uiters gemotiveerd wees in môreaand se Nasieskampioenskapswedstryd teen Suid-Afrika in Parys. Kotzé sê hulle gaan baie emosioneel wees oor die nederlaag nadat hulle beskou is as ‘n gunsteling om die Wêreldbeker te wen.
Rugby: Frankryk se gewese Suid-Afrikaanse stut sê Les Bleus gaan môre uiters gemotiveerd wees teen die Bokke