Skip to content

SAKP sal nie met die DA en VF Plus koalisie-gesprekke voer nie

# Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party sal nie koalisies vorm met die DA of the Vryheidsfront Plus na die munisipale verkiesing nie. Die SAKP, wat die verkiesing die eerste keer onafhanklik van die drieparty-alliansie gevoer het, het landwyd 2.38-persent steun gekry en 264 raadsetels verower. Die tydperk van 14-dae vir die samestelling van rade het gister begin. Die SAKP sê hy sal hom nie skaar by regsgesinde, neo-liberale partye wat gekant is teen die Vryheidsmanifes, of hulle koalisie-reëlings of agendas nie.