# Vuurwapens is nou die voorste wapen wat in Suid-Afrika gebruik word om vroue te vermoor, insluitend toenemend in massa-skietvoorvalle wat meer algemeen geword het. Gun Free South Africa sê die persentasie vroue wat doodgeskiet word, het tussen 2009 en 2020/21 75-persent toegeneem. Woordvoerder Claire Taylor sê mans wat in die veiligheidsektor werk en vuurwapens dra, is veral betrokke by die moorde. Sy sê die groeiende gebruik van vuurwapens bewys aandag moet gegee word aan vuurwapen-beskikbaarheid as deel van pogings om geslagsgeweld en vrouemoord te verhoed.
Vuurwapens is nou die voorste wapen in Suid-Afrika wat gebruik word om vroue te vermoor