Skip to content

Rugby: Dupont skuif na losskakel vir kragmeting met Springbokke

# Rugby: Frankryk se kaptein, Antoine Dupont, sal môreaand in Parys losskakel speel in die Nasieskampioenskap-wedstryd teen Suid-Afrika. Die voormalige Wêreldspeler van die Jaar vervang die beseerde Romain Ntamack, terwyl Maxime Lucu in Dupont se plek as skrumskakel uitdraf. Dit sal die eerste keer in 66 toetse wees dat Dupont die nommer tien-trui dra. In ander belangrike veranderinge is die haker, Julien Marchand, en nommer agt, Gregory Alldritt, gekies om die Springbokke se aanvalsmag te bekamp. Les Bleus het die Springbokke in 2022 laas geklop.