Skip to content

Swem: VF Plus eis dringende optrede na Tatjana Smith na Nederland oorstap

# Swem: Die Vryheidsfront Plus gaan die minister van Sport, Gayton McKenzie, vra om dringend in te gryp na Tatjana Smith se aankondiging sy gaan voortaan vir Nederland swem. Suid-Afrika se beste Olimpiese atleet mik na die Spele van 2028 in Los Angeles en sê sy voel uitgesluit en afgeskeep. Smith het regstappe gedoen om 578-duisend-rand se prysgeld van 2023 se Wêreldkampioenskap in Fukuoka te bekom wat Swem Suid-Afrika teruggehou het. Woordvoerder Heloïse Denner beskuldig die beheerliggaam van administratiewe onbevoegdeheid, finansiële wanbestuur en minagting van swemmers, en eis ‘n onafhanklike ondersoek.