# ‘n Senior ekonoom van FNB, Handa Sithole, sê produksie in die vervaardigingsektor was die einde van die derde kwartaal steeds swak. Produksie het in September op ‘n jaargrondslag met 3,5-persent gekrimp, ná ‘n afname van 4,1-persent in Augustus. Die jongste syfer is ook swakker as markontleders se voorspelling van ‘n daling van twee-persent. Sithole sê die maandelikse syfers dui tog aan produksie het in die derde kwartaal met sowat een-persent toegeneem, ‘n herstel ná ‘n afname in die vorige kwartaal.
Jongste vervaardigingsektor-produksiesyfers swakker as voorspel