# Die vakbondfederasie SAFTU verwerp president Cyril Ramaphosa se besluit om ‘n salarisverhoging van 3,5-persent vir politieke ampsdraers goed te keur, insluitend vir lede van die nasionale uitvoerende gesag en parlementslede. SAFTU steun ‘n verhoging van vier-persent vir regters, want die onafhanklikheid en behoorlike werking van die regbank is noodsaaklik vir ‘n grondwetlike demokrasie. Woordvoerder Asive Dyani sê salarisverhogings vir politieke ampsdraers kan egter nie regverdig word terwyl miljoene mense sukkel om werk te kry nie:
SAFTU verwerp salarisverhoging van 3,5-persent vir politieke ampsdraers [KLANK]
ENG DyaniOnIncrease