# Federale aanklaers in Amerika het drie Irans-ondersteunde agente van terrorisme-verwante oortredings aangekla. Hulle was na bewering betrokke by byna 20 aanvalle in Europa en Amerika, asook ʼn terreur-komplot teen die Lugmagbasis Fairford in Brittanje in September. Die mans is geïdentifiseer as Mohammad Baqer Saad Dawood al-Saadi, wat dubbele Irans/Irakse burgerskap het, die Iranse burger Mohsen Mohajeri en die Irakse burger Mohammad Ali al-Hassani. Die FBI se direkteur, Kash Patel, sê die agt aanklagte toon Iran se vasberadenheid om terreuraanvalle in Europa en Amerika uit te voer.
Amerika kla drie Irans-gesteunde agente aan vir hul rol in byna 20 terreur-aanvalle