Skip to content

Minister Hlabisa vra partye om te fokus op bestendigheid terwyl 14-dae-tydperk vir samestelling van rade begin

# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, vra politieke partye om te fokus op bestendigheid en dienslewering tydens koalisie-onderhandelings. Die verpligte tydperk van 14-dae vir die samestelling van munisipale rade begin vandag amptelik nadat die verkiesingsuitslag in die Staatskoerant gepubliseer is. Daar is 138 onbesliste munisipaliteite in die land. Hlabisa sê onderhandelings moet gemeenskapsbelange voor politieke ambisie stel om te verseker rade word vinnig saamgestel en noodsaaklike dienslewering word nie vertraag nie.