# Rugby: Boland se afrigter, Hawies Fourie, sê dit sal ongelooflik wees as die Springbok-veterane Pieter-Steph du Toit en Damian de Allende by die unie aansluit. Onderhandelings is volgens berigte aan die gang om hulle dienste te bekom na volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Australië. Du Toit het onlangs sy vertrek uit Japan aangekondig en De Allende beplan om die Asiatiese land volgende jaar te verlaat. Fourie sê albei woon naby Wellington en het aangedui dat hulle die dorp hulle basis wil maak om naby hulle gesinne te wees.
Rugby: Boland se afrigter wil twee Bok-veterane baie graag in Wellington verwelkom