Skip to content

Israel se nuwe parlement ingehuldig terwyl Eisenkot sukkel om regering saam te stel

# Israel se pasverkose parlement is ingehuldig, maar politieke onderhandelinge om ‘n nuwe regering te vorm, is steeds op ‘n dooiepunt. Die voormalige militêre hoof, Gadi Eisenkot, het tot 6 Desember tyd om genoeg steun te werf om eerste minister Benjamin Netanyahu te vervang. Netanyahu se blok beklee 53 setels in die parlement van 120 lede, terwyl Eisenkot se alliansie oor 48 setels beskik. Arabies-geleide partye hou die oorblywende 19 setels, maar Eisenkot het aangedui hy sal nie ‘n koalisie met hulle vorm nie. Ander opsies sluit in ‘n alliansie met ultra-Ortodokse partye of ‘n eenheidsregering saam met Netanyahu.