Skip to content

Skorsing van SA Toerismehoof kos belastingbetaler meer as R6-miljoen

# Die skorsing van die Suid-Afrikaanse Toerismehoof, Nombulelo Guliwe, het belastingbetalers meer as 6,18-miljoen-rand gekos, met haar dissiplinêre saak wat na 15 maande steeds sloer. Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, sê dit sluit in 3,64-miljoen-rand vir Guliwe se salaris, 1,78-miljoen-rand aan regskoste en meer as 751-duisend-rand vir ‘n tussentydse uitvoerende hoof. Die dissiplinêre verhoor is in Mei afgehandel, maar ná ‘n appèl is die saak na ‘n nuwe voorsitter verwys om ‘n voorlopige regsbeswaar te oorweeg. Die saak gaan oor n beweerde onreëlmatige betaling van 4,1-miljoen-rand tydens Guliwe se termyn as hoof finansiële beampte.