# Die Nasionale Verbruikerskommissie het die herroeping van meer as 23-duisend-600 Chery- en Omoda-voertuie weens veiligheidsgebreke aangekondig. Die herroeping raak die Chery Tiggo 4, Tiggo 8 Pro Max en die Omoda C5-modelle. Phetho Ntaba van die kommissie sê die gebreke kan in sommige voertuie tot die onklaarraking van die agterste vering lei, terwyl ‘n probleem met die rempype in sekere Tiggo 8 Pro Max-modelle kan veroorsaak dat remvloeistof lek en die remvermoë verswak:
Chery en Omoda herroep meer as 23 000 voertuie weens veiligheidsprobleme [KLANK]
ENG NtabaOnCheryOmodaRecalls