Skip to content

Motorsport: FIA laat nie verdere enjinopgraderings vir 2026 toe nie

# Motorsport: Vervaardigers van Formule Een-enjins sal nie toegelaat word om verdere opgraderings te doen nie ingevolge die sport se nuwe regulasies vir vanjaar. Die FIA ​​het sy derde en finale hersiening van enjinverrigting voltooi, maar sê die gaping tussen vervaardigers het nie in so ‘n mate vergroot om bykomende ontwikkelingsgeleenthede te regverdig nie. Die stelsel is ingestel om spanne met minder mededingende enjins te help om die agterstand in te haal. Die jongste evaluering het gekyk na wedrenne sedert Hongarye in Julie tot die Amerikaanse Grand Prix verlede maand.