# Die Verkiesingskommissie het ’n herstemming in wyk drie van die Siyancuma Plaaslike Munisipaliteit in die Noord-Kaap gelas, nadat meer as 100 stembriewe vernietig is toe ’n telsentrum bestorm is. Die stemming sal op 18 November by die Bongani-gemeenskapsaal plaasvind, van 7-uur die oggend tot nege-uur die aand. Slegs kiesers wat in die betrokke stemdistrik geregistreer is, mag stem. Spesiale stemme sal op 17 November uitgebring word, en aansoeke sluit op 14 November.
OVK gelas herstemming op 18 November nadat meer as 100 stembriewe in Noord-Kaap vernietig is