# Die Valke in Limpopo het ‘n vyfde verdagte vasgetrek in die multimiljoenrand-bedrogsaak waarby die geskorste boedelprokureur, Charlotte Tibana, en haar man, die Tshwane-verkeersbeampte Peter “Gagash” Nonyane, betrek word. Die egpaar word daarvan beskuldig dat hulle nagelate boedels uit meer as elf-miljoen-rand bedrieg het. Hulle is borgtog geweier, terwyl twee ander beskuldigdes, Rirandiswa Tibana en Jabulani Maluleke, borgtog van 60-duisend-rand elk toegestaan is. Die beskuldigdes staan tereg op verskeie aanklagte, insluitend bedrog, diefstal, korrupsie en geldwassery. Die vyfde verdagte sal binnekort in die hof verskyn.
Vyfde verdagte in hegtenis geneem vir boedelbedrog in Limpopo