# Binnelandse Sake het die eerste deel van sy digitale asiel-stelsel bekendgestel om aansoeke te versnel, identiteits-bevestiging te versterk en korrupsie uit te roei. Dit vereis van asielsoekers om biometriese inligting in te dien wat die departement sal gebruik om hulle identiteite te bevestig en vas te stel of vorige aansoeke verwerp is. Minister Leon Schreiber sê die digitalisering van die asielproses is ‘n geleentheid om die langdurige misbruik van die stelsel te beëindig.
Binnelandse Sake stel digitale asiel-stelsel bekend om vertragings en misbruik te voorkom