Skip to content

Krieket: Australië gaan nie ondersoek na skuurpapier-skandaal heropen nie, ondanks Khawaja se onthullings

# Krieket: Australië gaan nie die ondersoek na die berugte skuurpapier-skandaal in Suid-Afrika in 2018 heropen nie, ondanks die gewese kolwer Usman Khawaja se onthullings in sy memoir. Hy beweer die hele toergroep het geweet van die plan om die bal met skuurpapier grof te maak, hoewel slegs kaptein Steve Smith, onderkaptein David Warner en die bouler Cameron Bancroft gestraf is. Krieket Australië se uitvoerende hoof, Todd Greenberg, sien nie enige dwingende rede vir ‘n nuwe ondersoek nie. Warner bevestig Khawaja se bewerings as 100-persent akkuraat.