# Die Wes-Kaapse LUR vir Polisie-oorsig en Gemeenskapsveiligheid, Anroux Marais, verwelkom die inhegtenisneming van die vermeende sluipmoordenaar van oudburgemeester Aubrey Tsengwa van Knysna. Hy is in Augustus vanjaar in Joodsekamp, Knysna, doodgeskiet terwyl hy op pad was huis toe. Die 44-jarige vermeende moordenaar het gister in die hof verskyn en die saak is tot 10 Desember uitgestel. Marais sê ʼn suksesvolle vervolging is nodig omdat diegene wat dodelike aanvalle beplan en uitvoer nie met hul gruweldade mag wegkom nie.
LUR Marais vra suksesvolle vervolging na moord op voormalige Knysna-burgemeester Tsengwa