# Die DA sê dringende optrede is nodig om geweldsmisdaad in Kaapstad aan te pak, na aanleiding van vier afsonderlike skietvoorvalle oor die naweek. Verskeie mense is dood en vele ander beseer, onder andere ‘n kind, in die skietvoorvalle in Grassy Park, Athlone, Strandfontein en Bellville. Onder die oorledenes is ‘n 16-jarige seun. Benedicta van Minnen van die DA vra beter ondersoeke en nouer samewerking tussen wetstoepassingsagentskappe om bende-geweld en onwettige vuurwapens aan te pak:
DA vra hoeveel mense moet nog weens geweldsmisdaad in Kaapstad sterf [KLANK]
AFR BenedictaOnMoreLives