Skip to content

Presidensiële Klimaatkommissie verwelkom nuwe regulasies

# Die Presidensiële Klimaatkommissie het nuwe regulasies verwelkom wat sy administrasie en bedrywighede ingevolge die Wet op Klimaatsverandering van 2024 beheer. Die regulasies, wat deur die minister van Bosbou, Visserye en Omgewing, David Maynier gepubliseer is, verduidelik die kommissie se bestuurs-, besluitnemings- en verantwoordingstrukture. Die uitvoerende direkteur Dorah Modise sê die raamwerk sal deursigtigheid en doeltreffende werksaamhede versterk. Adjunkvoorsitter Dipak Patel sê die kommissie se mandaat om onafhanklike, bewysgebaseerde advies oor Suid-Afrika se klimaatsreaksie te verskaf, is nou amptelik in wetgewing vasgelê.