# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku Gauteng moet hierdie week voorberei vir uiterste hitte ná erge donderstorms en oorstromings. Pretoria en Vereeniging kan 36-grade-Celsius bereik en Johannesburg 34, met ‘n 38- tot 50-persent kans op buie. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê hittegolwe, brandgevaar én verspreide reënbuie word oor die res van die land verwag. ‘n Waarskuwing is uitgereik vir ‘n buitengewone hoë brandgevaar in dele van die Noord- en Wes-Kaap. Owerhede sê donderstorms word ook in dele van Mpumalanga, Limpopo en KwaZulu-Natal verwag.
Gauteng staal hom vir uiterste hitte ná erge storms en oorstromings