# Vanjaar is op koers om een van die vier warmste ooit op rekord te wees. Dit is volgens ‘n verslag van die Verenigde Nasies wat vrygestel is met die opening van die COP31-klimaatberaad in Turkye. Wêreldtemperature het tussen Januarie en September was gemiddeld 1,47 grade Celsius bo pre-industriële vlakke. Die Wêreld Meteorologiese Organisasie waarsku ‘n sterk El Niño kan temperature voor die einde van die jaar hoër opstoot. Oseaantemperature en seevlakke het ook rekordhoogtes bereik, terwyl smeltende gletsers en uiterste weer tot die klimaatsrisiko’s bydra. Die afgelope 12 jaar was die warmste op rekord.
VN waarsku 2026 sal waarskynlik een van die vier warmste jare op rekord wees