# Nege buitelandse burgers, tussen 20 en 26 jaar oud, is by OR Tambo-lughawe en ‘n Bruma-hotel in Gauteng in hegtenis geneem terwyl hulle na bewering voorberei het om by die Russies-Oekraïnse oorlog aan te sluit. Polisiewoordvoerder Katlego Mogalehe sê die arrestasies volg op ‘n gekoördineerde ondersoek waarby die polisie, die Valke en Interpol betrokke was. Die verdagtes staan tereg op aanklagte ingevolge die Wet op die Regulering van Buitelandse Militêre Bystand. Owerhede het die multidissiplinêre span se pogings geloof om Suid-Afrikaanse wetgewing af te dwing en misdaad te bestry. Mogalehe sê hulle sal binnekort in die Kempton Park-landdroshof verskyn.
Valke, Interpol arresteer nege buitelanders wat van Johannesburg na Oekraïne wou reis vir oorlog