# Die Johannesburgse Metropolisie waarsku motoriste oor voortgesette betogings wat hoofroetes in Diepkloof en Soweto versper. Die N12-oos is heeltemal gesluit by die Diepkloof-wisselaar en Chris Hani-weg naby die Diepkloof-hostel is in albei rigtings versper. Voertuie word herlei na die N1-noord en die Goue Hoofweg. Woordvoerder Xolani Fihla sê motoriste moet die gebied vermy, vertragings verwag en alternatiewe roetes gebruik soos die Goue Hoofweg, die Soweto-hoofweg en Ben Naudé-rylaan. Hy vra padgebruikers om uiters versigtig te wees en verkeersaanwysings te volg.
Verkeersontwrigting in Diepkloof weens betogings wat padsluitings veroorsaak