# NotInMyName Internasionaal vra politieke leiers wat aan koalisie-samesprekings deelneem om voorkeur te gee aan etiese en mensgesentreerde leierskap. Woordvoerder Themba Masango herinner onderhandelaars om alle burgers se belange regverdig te dien en nie politieke elite s’n nie. Hy verwys na die dringende behoefte aan eerlikheid en toerekenbare bestuur wat fokus op doeltreffende dienslewering en gelykheid. Masango sê burgers se vertroue moet nie gebruik word as onderhandelingsmiddel nie, maar ware leierskap is nou nodig om die vertroue te beloon wat in verkose ampsdraers gestel is.
NotInMyName vra etiese, mensgesentreerde leierskap in koalisie-samesprekings