# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Elena Rybakina van Kazakstan, het mediese redes voorgehou vir haar besluit om aan die WTA-eindtoernooi in Indian Wells, Amerika, te onttrek. Sy sê sy het ‘n ongelooflike seisoen gehad, maar haar liggaam is nie gereed vir die toernooi waaraan die wêreld se agt beste enkelspelers en dubbels-pare deelneem nie. Die wêreld-nommer-tien, Marta Kostyuk van Oekraïne, wat Rybakina vervang het, het haar eerste wedstryd in die rondomtalie-toernooi teen die Tsjeg Linda Noskova verloor. Coco Gauff het haar Amerikaanse landgenoot Jessica Pegula verslaan.
Tennis: Rybakina gee mediese redes vir besluit om aan WTA-eindtoernooi te onttrek