# Rugby: Die Springbok-slot Eben Etzebeth sal na verwagting vandag by die nasionale groep in Frankryk aansluit, nadat hy vir die Nasieskampioenskap opgeroep is. Hy is aanvanklik weens ‘n enkelbesering uit Rassie Erasmus se toergroep gelaat, maar het intussen suksesvol herstel. Etzebeth se insluiting kom ten koste van die losskakel Yaqeen Ahmed, wat na Suid-Afrika moet terugkeer om van ‘n skouerbesering te herstel. Erasmus sal vandag sy groep van 23 spelers aankondig vir Vrydagaand se groot kragmeting teen Frankryk op die Stade de France.
Rugby: Etzebeth sluit by die Bokke in Frankryk aan, terwyl Ahmed huis toe gestuur word