Skip to content

TLU SA dien strafregtelike klag in teen MK-LP oor uitlatings oor plaasaanvalle [KLANK]

# Die president van die landbou-organisasie TLU SA, Henry Geldenhuys, het ’n strafregtelike klag in Sheepmoor, Mpumalanga ingedien teen ‘n parlementslid vir die MK-party, Andile Mngxitama. Die klag volg op uitlatings wat Mngxitama na bewering gemaak het ter ondersteuning van die aanval op die boer Donovan Marx, waartydens die slagoffer se ore afgesny is. Volgens Bennie van Zyl van TLU SA het Mngxitama die afsny van boere se ore na bewering beskryf as simbolies van wat hy genoem het wit mense se weiering om te luister; hy het ook na boere verwys as gronddiewe:

AFR ZylONCriminal