# Israel se president, Isaac Herzog, het Gadi Eisenkot, premier Benjamin Netanyahu se sterkste teenstander, gevra om ‘n nuwe regering te probeer vorm. Dit volg op ‘n verkiesing waartydens geeneen van die kandidate ‘n volstrekte meerderheid verkry het nie. Netanyahu, Israel se langsdienende leier, veg om aan bewind te bly na sy godsdienstig-nasionalistiese koalisie sy meerderheid in die verkiesing op 27 Oktober verloor het. Daar word verwag dat weke van langdurige onderhandelinge nou sal volg. Eisenkot het 28 dae om ‘n regering saam te stel, met ‘n moontlike verlenging van 14 dae.
Israelse president kies Gadi Eisenkot, ‘n Netanyahu-teenstander om ‘n regering te probeer vorm