Skip to content

Tennis: Alcaraz dring deur na die einstryd van die Parys-meesters teen Shelton

# Tennis: Carlos Alcaraz kom vnamiddag in die eindstryd van die Parys-meesters op die La Défense Arena buite Parys teen die Amerikaner Ben Shelton te staan​, nadat hy die Noorweër Casper Ruud in die halfeindstryd geklop het. Alcaraz sê ‘n wedstryd teen die wêreld-nommer-vier is een van die beste uitdagings in tennis. Shelton het sy plek in die eindstryd verseker deur die Fransman Luca Van Assche te verslaan. Die eindstryd sal hul eerste ontmoeting wees sedert Shelton vir Alcaraz vroeër vanjaar in die kwarteindstryd van die Amerikaanse Ope uitgeskakel het.