# Rugby: Die Italiaanse afrigter, Gonzalo Quesada, verwelkom die Springbokke se besluit om hul sterkste beskikbare spelers te kies vir Saterdag se Nasieskampioenskap-kragmeting in Turyn, en sê dis ‘n teken van respek. Quesada sê hy is trots Rassie Erasmus het sy beste span gekies, al moet hulle volgende week teen Frankryk speel. Die besluit het egter Italië se voorbereidingstyd verkort. Die gasheer sukkel ook met ‘n lang lys beserings, maar Quesada sê die wedstryd bied ‘n geleentheid om nuwe spelers te toets met die oog op volgende jaar se Rugbywêreldbeker. Die afskop is vanmiddag om twintig voor twee.
Rugby: Italië se afrigter verwelkom geleentheid om teen Bokke se sterkste span in Nasieskampioenskap te speel