# Die Stad Tshwane waarsku inwoners van Rethabiseng, Bronkhorstspruit, om nie water te drink of te gebruik wat uit die natuurlike fontein by die Rethabiseng Sosiaal-Geïntegreerde Sentrum kom nie. Toetse het getoon die water is onveilig vir menslike gebruik en kan kieme bevat wat diarree, maagkrampe, naarheid en braking veroorsaak. Inwoners word dringend versoek om nie die water te drink nie, kos te maak of voedsel te was nie, en om slegs veilige water uit goedgekeurde bronne te gebruik.
Tshwane waarsku inwoners om nie fonteinwater van Rethabiseng te gebruik nie